Meatco verloor miljarde, uitvoervleis te goedkoop
‘n Analise deur die Bank van Namibië toon dat Meatco, wat reeds erge finansiële uitdagings in die gesig staar, sy uitvoervleis ver onder markwaarde verkoop het wat ‘n verlies van 4 miljard Namibiese dollar tussen 2018 en 2023 veroorsaak het. Die sentrale bank sê die maatskappy het net in die tydperk 2,1 miljard dollar verdien in plaas van 6 miljard dollar en kon dus eintlik sy verliese van ongeveer 640 miljoen dollar maklik gedek het, het hy sy vleis teen markwaarde verkoop. Die prysverskil in Noorweë is die grootste waar Meacto net meer as 48 dollar ‘n kilogram gevra het teenoor die 154 en 211 dollar wat Beefcor en Farmers Meat Market gevra het.
Leave a Reply