Meer as 1 000 aangekeer, 900 voertuie oor Paasnaweek geskut
Meer as ‘n duisend padgebruikers in die buurland is aangekeer en 900 voertuie is geskut tydens wetstoepassingsoperasies in al nege provinsies sedert die begin van die Paasnaweek. Oortredings sluit in dronkbestuur, vervalste rybewyse, roekelose bestuur, en oorlaaiing van goedere en passasiers. Die Padverkeersbestuurskorporasie se woordvoerder, Simon Zwane, sê een van die grootste bekommernisse is onpadwaardige voertuie, en 274 voertuie met defekte is tot dusver van die pad gehaal.
Leave a Reply