Meer as 2 selfmoorde per dag in Namibië
Selfmoord is reeds ‘n geruime tyd ‘n reuse-uitdaging in Namibië en die gesondheidsministerie se direktoraat van ontwikkelende maatskaplike welsyn-dienste herdenk Maandag die Internasionale Dag van Selfmoord-voorkoming. Namibië het die hoogste selfmoordsyfer op die vasteland met ‘n gemiddeld van 10 uit elke 100 000 mense, ongeveer 500 ‘n jaar, wat selfmoord pleeg. Dit hou volgens kenners verband met drank- en dwelmmisbruik sowel as werkloosheid en armoede. Die jongste syfers wat deur die adjunk-gesondheidsminister Ester Muinjangue bekend gemaak is, toon dat daar 770 gevalle in die afgelope 12 maande aangteken is – meer as twee gevalle daagliks. Die staat het ook erge tekorte met die verskaffing van dienste in geestesgesondheid en daar is kulturele uitdagings in die verband, veral met mans.
Leave a Reply