Meer as 40 beseer in ontploffing in Johannesburgse middestad
Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê dis ‘n wonderwerk dat niemand dood is in Woensdagaand se ontploffing in die Johannesburgse middestad nie. Meer as 40 mense is in die voorval beseer. Die ontploffing het ‘n sinkgat in die pad gelaat en voertuie is omgekeer. Op hierdie stadium is dit onduidelik wat die ontploffing veroorsaak het. Die vermoede bestaan dit was ontploffing van ondergrondse gaspype, maar Egoli Gas ontken dit. Lesufi sê Breestraat is gesluit.
Leave a Reply