Shifeta: Meer as 461 00 toeriste besoek Namibië in 2022
Die minister van toerisme Pohamba Shifeta het vandag die Namibiese toeriste-statistieke vir verlede jaar aangekondig. Hy sê daar is ‘n toename van 98,1 persent in internasionale toeriste-aankomste vanaf 232 756 toeriste in 2021 tot 461 027 in 2022. Hierdie syfer dui op ‘n herstelvlak van 28,9 persent vanaf die jaarlikse toeriste-aankomste van 2019 ná die Covid-pandemie. Suid-Afrika, Angola, Duitsland, Zambië, Botswana, Frankryk, die Verenigde Koninkryk, Amerika, Italië en Switserland maak die top-tien toeriste-markte vir Namibië uit. Die meerderheid besoekers, wat 53,1 persent van die totale toeriste-aankomste verteenwoordig, het Namibië tussen September tot Desember van 2022 besoek, met 36,1 persent van die toeriste wat tussen Mei tot Augustus in die land gereis het en 10,8 persent tussen Januarie tot April.
Leave a Reply