Meer beleggings na Kaapstad gelok
Die Stad Kaapstad sê sy beleggings-bevordering en vaardigheids-ontwikkelingsprogram het groot winste in verskeie nywerhede in die metro aangespoor. Die stadsprojekte het miljarde Suid-Afrikaanse rand se beleggings vergemaklik en gelei tot die skep van duisende werksgeleenthede. Die burgemeesters-komiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê ingevolge die Stad se Building Hope-begroting is 41 miljoen rand toegeken vir regstreekse ekonomiese aansporings om meer beleggings en werksgeleenthede na Kaapstad te lok.
Leave a Reply