Meer besoekers gebruik Namibia Wildlife Resorts
Namibia Wildlife Resorts het 44 014 besoekers by sy fasiliteite verwelkom gedurende die 2023 feesseisoen, wat ‘n 5,49 persent toename in besettingsyfers is vergeleke met die vorige jaar. NWR sê die besettingskoers het op 39,69 persent gestaan vergeleke met 34,20 persent in 2022. Volgens woordvoerder Nelson Ashipala, is ‘n hoë toestroming meestal by kampeerplekke soos Olifantsrus waargeneem met ‘n 14,10 persent toename in besoekers, gevolg deur Terrace Bay met ‘n 10,55 persent toename, terwyl Torrabaai en Jakkalsputz onderskeidelik 9,80 persent en 8,54 persent meer besoekers gehad het.
Leave a Reply