Meer gewasse kan ingevoer word
Die Namibiese Akkerbouraad het die aantal gewasse waarvoor die grens gesluit sal wees in November verminder van 12 tot sewe. Die gewasse wat nou ingevoer kan word is Engelse komkommer, konfyt-tamaties, kersie-tamaties, groenrissies en ysberg blaarslaai, behalwe vir uitsluitings. Namibië produseer genoeg beet, kool, uie, wortels, waatlemoen, spanspek asook gekleurde soetrissies en dus is die grens gesluit vir daardie invoere. Uitsluitings in hierdie geval val meestal tussen 1 en 15 November, terwyl ‘n persentasie markaandeel-bevordering ook van toepassing sal wees op verskillende gewasse.
Leave a Reply