Meer inligting bekend oor ‘gewoontestroper’ se dood

Home Uncategorized Meer inligting bekend oor ‘gewoontestroper’ se dood
Meer inligting bekend oor ‘gewoontestroper’ se dood

Meer inligting bekend oor ‘gewoontestroper’ se dood

Meer besonderhede is ontvang oor die insident waarin ‘n vermeende gewoontestroper doodgeskiet is. Die slagoffer is geïdentifiseer as Ashley Eiseb, bekend as Luxman. Hy is doodgeskiet deur die bestuurder van ‘n vragmotor wat hy blykbaar probeer roof het by die Oosland-slagplaas in die Gobabis-distrik. Hy en sy makkers het gevlug maar hulle voertuig het sonder brandstof naby Omitara gaan staan. Hy is daar dood. Luxman en Hermanus Kharugab is verlede jaar November in hegtenis geneem nadat hulle na bewering wild met ‘n gehuurde voertuig in die Okahandja-omgewing gestroop het. Hulle is egter onlangs tydens ‘n hersieningsaansoek in die Windhoekse hoërhof vrygelaat na foute in hulle skuldigbevinding en vonnisoplegging op appèl gevind is.

source