Meer vroue in kommunale rade se direksie
Die termyn van die sewende kommunale grond-rade het op 29 Februarie geëindig. Die landbouminister, Calle Schlettwein, het hierdie week ‘n nuwe kommunale grondraad vir elke streek aangestel. Die ministerie het ook spesifiek twee vroue in elke direksie ingesluit wat óf betrokke is by boerderybedrywighede in die direksie se gebied, óf wat die kundigheid het wat relevant is tot die funksies van die direksie. Dit is om te verseker dat vroue in die hoogste besluitnemende liggame verteenwoordig word. Schlettwein het die belangrikheid beklemtoon om grond-verspreiding regverdig te hanteer.
Leave a Reply