Mehmet Oz in beheer van Medicare

Home Uncategorized Mehmet Oz in beheer van Medicare
Mehmet Oz in beheer van Medicare

Mehmet Oz in beheer van Medicare

Amerika se verkose president Donald Trump het die televisiepersoonlikheid en kardio-torakale chirurg, Mehmet Oz, aangewys as administrateur van die Centres for Medicare and Medicaid Services. Hierdie federale agentskap hou toesig oor gesondheidsversekeringsdekking vir meer as 150 miljoen Amerikaners. Die agentskap reguleer gesondheidsversekering en stel beleide op as riglyne vir dit wat dokters, hospitale en medisynemaatskappye betaal word vir mediese dienste. Trump sê hy is vol vertroue Oz sal baklei om seker te maak almal in Amerika ontvang die beste mediese sorg.

source