Meld smokkelary van groente aan
Die Namibiese Akkerbouraad vra dat Namibiërs die vermoedelike oorgrenssmokkelary van akkerbou- en tuinbouprodukte aanmeld. Grensbeheer word deur die raad se grensbeheer-inspektoraat onderneem om al die grense te monitor ten einde die beweging van landbou- en tuinbouprodukte in en uit die land te reguleer. Lede van die publiek word gevra om ‘n boodskap te stuur na 79500 as hulle verdagte bewegings opmerk. Volgens Auguste Fabian, die Akkerbouraad se woordvoerder, was daar ‘n toename in onwettige smokkelary van produkte.
Leave a Reply