Mensehandel is standaard praktyk – Nganate
Die Omaheke-goewerneur, Pijoo Nganate, sê mensehandel is nie ‘n nuwe verskynsel in sy streek en Namibië in die algemeen nie. Hy sê mense beoefen dit reeds jare, onbewus dat dit ‘n misdaad is. Nganate sê praktyke soos om kinders aan te stel in gemeenskappe of by informele handel stalletjies, as beeswagters te benut en meer, is algemene praktyke, al is die kinders vanuit Angola. Die Omaheke-streek het die afgelope tyd deurgeloop met Angolese burgers wat by boere werksaam is maar, ook betrokke is by veediefstal. Kinders werk ook algemeen in die streek. Hy meen armoede en werkloosheid dra by tot die probleem maar dat mense ook opgevoed moet word. Hy maan ook ouers om goed na hul kinders om te sien en seker te maak dat hulle skoolgaan.
Leave a Reply