Menzies gaan vir nog ‘n jaar vrag op HKIA hanteer, ingevolge huurooreenkoms – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Menzies gaan vir nog ‘n jaar vrag op HKIA hanteer, ingevolge huurooreenkoms – Kosmos 94.1
Menzies gaan vir nog ‘n jaar vrag op HKIA hanteer, ingevolge huurooreenkoms – Kosmos 94.1



Menzies gaan vir nog ‘n jaar vrag op HKIA hanteer, ingevolge huurooreenkoms

Menzies Aviation sê in ‘n mediaverklaring ingevolge die huur-ordonnansie van toepassing op die nuwe huurooreenkoms, moet die Namibiese Lughawens-maatskappy Menzies minstens 12 maande kennis gee om die Hosea Kutako Internasionale Lughawe te ontruim. Geen sodanige kennisgewing is gegee nie, en Menzies is nie net geregtig nie, maar ook verplig om voort te gaan om die vraghanteringsdienste op die lughawe te hanteer. Menzies sê die maatskappy sal voortgaan om dié dienste te lewer tot tyd en wyl dit die lughawe ingevolge die wet moet ontruim. Dit volg ná regter Shafimana Ueitele ten gunste van Paragon en Ethiopian Airlines beslis het. Ueitele het wel bevind dat die kennisgewing op 9 Junie vanjaar deur die lughawensmaatskappy aan Menzies om die perseel te ontruim, onredelik is en bevind het dit is nie geldig nie. Die aansoek om die tender ter syde te stel, duur voort voor regter Eileen Rakow.  



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.