Met 1 000-dae veldtog is BIG weer in die voorgrond
Die Basiese Inkomste-toelaag sal Namibiese mense bystaan om die ondervoeding wat tans ervaar word, te bekamp. Dit is die mening van Rosa Namises, maatskaplike aktivis wat gereageer het op die week se herdenking van die regering, in samewerking met die gesondheidsministerie en die Verenigde Nasies, se 1 000-dae veldtog by die Epakokliniek op Gobabis. Die veldtog poog om voldoende voeding in die eerste 1 000 dae van die begin van swangerskap te voorsien omdat dit die grondslag vir enige kind is. Die herdenking in Omaheke is van pas. Daar is vroeër berig dat 45 kinders onder die ouderdom van vyf vanjaar aan wanvoeding in die Omaheke-streek dood is. In Julie en Augustus is 11 nuwe gevalle van wanvoeding bevestig met een sterfte wat aangeteken is. Namises het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Leave a Reply