Met-polisie ondervra Russell Brand
Die akteur en komediant Russell Brand is deur speurders van Londen se Metropolitaanse Polisie ondervra oor bewerings van historiese seksmisdrywe. Die Britse polisie het in September gesê hulle het ‘n ondersoek van stapel gestuur na ‘n aantal bewerings van nie-onlangse seksuele misdrywe, na aanleiding van mediaberigte dat vroue Brand van ‘n reeks seksuele aanrandings beskuldig het. Vroeër daardie maand is berig vier vroue het die 48-jarige Brand van seksmisdrywe, insluitend ‘n verkragting, tussen 2006 en 2013 beskuldig. Brand het wat hy beskryf as “baie ernstige bewerings” verwerp en op sy sosiale media-kanale gesê hy het nog nooit seks sonder konsensus gehad nie.
Leave a Reply