Miami Ope: Garcia skakel Gauff uit, Alcaraz ook deur
Die wêreld se nommer twee, Carlos Alcaraz, is deur na die Miami Ope se ronde van 16 terwyl hy probeer om die gesogte Sonskyn-dubbel te voltooi. Die Spanjaard het die Fransman Gael Monfils met 6-2 en 6-4 verslaan. Die Duitser, Alexander Zverev, het Christopher Eubanks van Amerika met 7-6 en 6-3 geklop. In die vroueafdeling is die Amerikaner en wêreld se nommer drie, Coco Gauff, in ʼn verrassende poging deur Caroline Garcia van Frankryk met 6-3, 1-6 en 6-2 afgeransel. Garcia sê sy is tevrede met haar vertoning:
Leave a Reply