Mielieboere slaak sug van verligting
Wat voorsien is as ‘n krisis in die mieliebedryf weens die reëling van meulenaars om boere eers te betaal nadat hul oeste vermaal is, is opgelos. Boere sou ook bergingskoste by meulenaars moes opdok. Volgens die Akkerbou-produsentevereniging is die kleiner oeste se opname stadiger en word daarom vermaal soos wat dit inkom om boere dadelik te kan vergoed. Droëland-produsente in die Mieliedriehoek het kleiner oeste weens die droogte en opbrengste van besproeiing-mielies is ook in sekere omgewings onder-gemiddeld. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard, die hoof van die NMI-groep, gesels…
Leave a Reply