Mieliepryse laer, mahangu s’n hoër as in 2022
Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n nuwe witmielie-vloerprys van 5 625 Namibiese dollar 89 sent per ton van 10 tot 23 Julie aangekondig. Dit is volgens ‘n kennisgewing van Fidelis Mwazi, uitvoerende hoof van die raad aan witmielie-produsente wat ‘n verhoging op die prys van twee weke gelede was. Die prys is aansienlik laer as verlede jaar toe witmielies teen 7 000 dollar per ton verhandel het. Kosmos 94.1 Nuus het met Gilbert Mulonda, die raad se hoofbestuurder vir akkerbou gesels, wat die redes gee waarom witmielie-pryse laer en mahangu s’n hoë is as verlede jaar…
Leave a Reply