Militêre junta in Niger kondig nuwe ministers aan
Die militêre junta in Niger het op staatstelevisie die name bekend gemaak van 21 mense wat as ministers in ‘n nuwe regering aangestel gaan word. Die regering is aangekondig voor ‘n noodvergadering deur senior diplomate van die Verenigde Nasies, die Afrika-unie en die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-lande , Ecowas, vandag in die Nigeriese hoofstad, Abuja, om ‘n plan van aksie te bespreek. Die militêre junta het tot dusver ‘n waarskuwing en spertyd van Ecowas geïgnoreer om President Mohamed Bazoum in sy amp te herstel. Hy is sedert einde Julie in huis-arres. Interne politiek het tot die staatsgreep aanleiding gegee, maar dit het nou internasionaal uitgekring.
Leave a Reply