Militêre werwing in Oekraïne vrot van korrupsie
Die Windhoek Draught Welwitschias draf vanaand teen die gedugte span van Chili uit in hul derde wedstryd tydens hul Suid-Amerikaanse toer in die Wêreldrugby-nasiesbeker. Namibiese afrigter Allister Coetzee sê Chili kan nie onderskat word nie, alhoewel Argentinië A die span ‘n loesing van 40-12 toegedien het. Namibië het ook naelskraaps met 34-27 teen Argentinië verloor. Johan Deysel lei weer die Welwitschias met haker Louis van der Westhuizen wat Torsten van Jaarsveld weens ‘n besering as onder-kaptein sal vervang. Afskoptyd in die kusstad Valpaparaiso is om elf-uur vanaand, Namibiese tyd. Die wedstryd sal op OneAfrica uitgesaai word.
Leave a Reply