Miljoene nodig vir gratis internet
Namibië het sowat 300 miljoen Namibiese dollar nodig om die land se doelwit te bereik om gratis internet aan landsburgers te verskaf. Volgens ‘n Nust-dosent in kuberveiligheid Fungai Bhunu-Shava, toon amptelike syfers dat ongeveer die helfte van die Namibiese bevolking toegang tot die internet het met ongeveer 49 persent wat nie daaraan beskik nie. Daar word beaam dat die verskaffing van gratis internet behoort die verantwoordelikheid te wees van beide die openbare en private sektor as gevolg van die kostes daaraan verbonde.
Leave a Reply