Miljoene vir klimaat in Afrika
African Risk Capacity het ‘n vennootskap van 210 miljoen Namibiese dollar met die Amerikaanse regering gesluit om oor die volgende drie jaar toegang tot parametriese versekering reg oor Afrika uit te brei. Die bedryfshoof, Ange Chitate, sê hierdie fonds sal voedselsekerheid verbeter en klimaats-veerkragtigheid in 19 Afrika-state versterk. Parametriese versekering sal Afrika-regerings in staat stel om meer doeltreffend op klimaatrisiko’s te reageer. Chitate beklemtoon die behoefte aan deelnemende uiteenlopenheid om die projek se langtermyn volhoubaarheid te verseker en ‘n wyer reeks lande, gevare en mense te dek.
Leave a Reply