Miljoene vir mens-dier konflik in Kunene
Die Namibiese regering bestee miljoene in samewerking met verskeie donateurs en nie-regeringsorganisasies om mens-dier konflik in bewaringsgebiede aan te spreek. Die omgewingsminister Pohamba Shifeta het by die oorhandiging van gemeenskapsbewaring-projekte in die Khoadi //Hoas-bewaringsgebied in Kunene, wat gedeeltelik deur die Duitse ontwikkelingsbank, KfW befonds is, ‘n opdatering gegee oor die ingrypings. Hy sê 39 roofdierbestande krale is gebou met 22 boorgate wat geïdentifiseer is en tans onder verskeie stadiums van opgradering is. Nege vroeë waarskuwing nekband stelsels insluitend waarskuwingstorings is daargestel. Opleiding is ook voltooi vir 37 leeu-veldwagters en opleidingshandleidings is reeds voorberei. Die veldwagter-program is so suksesvol dat gemeenskappe in die verre noordooste dit ook wil toepas.
Leave a Reply