Miller, Looser land se eerste gruisfietskampioene

Home Uncategorized Miller, Looser land se eerste gruisfietskampioene
Miller, Looser land se eerste gruisfietskampioene

Miller, Looser land se eerste gruisfietskampioene

Alex Miller en Vera Looser is as Namibië se eerste gruisfietskampioene gekroon ná puik vertonings in uiters warm toestande in die Khomas100. Miller het die mans se 143km-resies tussen Windhoek na Gross Barmen gewen in 4 uur, 33 minute en 44 sekondes. Drikus Coetzee was tweede sowat 3 minute later en Jaques Hanekom was derde in 4 uur, 55 minute en 17 sekondes. Anri Greeff het Looser geklop vir die Queen of the Mountain titel, maar Looser het die eindpoging gewen en Greeff net-net geklop, met albei wat die wedren in 5 uur, 22 minute en 15 sekondes voltooi het. Nina Holtrup was derde in 5 uur, 32 minute en 20 sekondes.

source