Minder as helfte van beskikbare vakatures met aanlynstelsel gevul – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Minder as helfte van beskikbare vakatures met aanlynstelsel gevul – Kosmos 94.1
Minder as helfte van beskikbare vakatures met aanlynstelsel gevul – Kosmos 94.1



Minder as helfte van beskikbare vakatures met aanlynstelsel gevul

Plaaslike berigte lui dat net meer as 17 000 werksoekers op die aanlynstelsel van die arbeidsministerie geregistreer is. Volgens die syfers is 65 persent van die werksoekers jongmense tussen die ouderdom van 15 en 34. Van die totaal is daar amper 16 000 wat werkloos is terwyl net meer as 1 000 tans werksaam is maar opsoek is na beter geleenthede. Daar is in die 2021-22 boekjaar 3 765 vakante poste ingevolge die wet by die stelsel aangemeld maar net 1 420 werksoekers is in poste geplaas. Aangewese werkgewers, of werkgewers met tien of meer werknemers, moet alle vakatures eers by die stelsel aanmeld. Jeugwerkloosheid is ‘n reuse-uitdaging in die land met ‘n beraamde 48 persent van jeug wat werkloos is. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.