Minister sê dinge is oukei by NSFAF
Die Studente Finansiële Bystandsfonds het weer onder loep gekom in die Nasionale Vergadering. Volgens ‘n lid van die PDM-party, Inna Hengari, kan die uitvoerende beampte van die fonds nie verantwoording doen oor al die geld wat aan die fonds toegeken is nie. Die minister van hoër onderwys, Itah Kandji-Murangi, het aan die parlementslede vertel dinge verloop tans goed by die hulpfonds en die enigste probleme wat dit voorheen ervaar het, was weens misplaaste rekords toe die hulpfonds se stelsel verander het.
Leave a Reply