Minstens 15 mense sterf in veldbande in Algerië
Minstens 15 mense is dood in veldbrande in Algerië. Duisende brandbestryders probeer om die veldbrande in die bergagtige Bejaia- en Bouira-streke te bestry. Sowat 1 500 mense moes hul huise ontruim en is na veiligheid geneem. Die hittegolf wat die afgelope tyd oor die suide van Europa voorkom, het nou uitgebrei na die noorde van Afrika. In sommige stede in Tunisië is temperature van tot 49 grade Celsius aangemeld.
Leave a Reply