MIV: 76% van positiewe kinders onder 14 ken hulle status

Home Uncategorized MIV: 76% van positiewe kinders onder 14 ken hulle status
MIV: 76% van positiewe kinders onder 14 ken hulle status

MIV: 76% van positiewe kinders onder 14 ken hulle status

Daar is amper 7 200 kinders onder die ouderdom van 14 wat MIV-positief is in Namibië. Volgens 2022 se syfers verskaf deur die lynministerie, was daar gedurende die jaar 408 nuwe infeksies en 293 sterfgevalle in die ouderdomsgroep. Ongeveer 76 persent is bewus van hulle status en almal word behandel met 90 persent wat viraal onderdruk is. Oor die algemeen het meer Namibiese vroue MIV met net meer as 228 500 mense tussen die ouderdomme van 15 en 49 wat positief is. Net meer as 6 000 nuwe infeksies is onder die groep in 2023 aangemeld met 93 persent wat bewus is van hulle status. 

source