Mmusi sê verkiesingswet bevoordeel groot partye
Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, sê die huidige verkiesingsreëls bevoordeel groot partye in die Parlement en neem nie nuwe en onafhanklike partye in ag nie. Die Konstitusionele Hof sal na verwagting vandag uitspraak lewer oor die grondwetlikheid van die Verkiesingswysigingswet. Bosa en die Vereniging vir Onafhanklike Kandidate glo die wet beperk die deelname van onafhanklike kandidate in verkiesings en hulle verteenwoordiging in die Parlement vergeleke met politieke partye se kandidate. Maimane sê die uitspraak kan ʼn groot uitwerking op volgende jaar se verkiesing hê:
Leave a Reply