Mnyupe kondig ooreenkoms met Japan aan
Namibië het samewerking met die Japannese Bank vir internasionale samewerking op skrif gestel deur middel van ‘n ooreenkoms van verstandhouding. Dit dek projekte vir ekonomiese, omgewings- en maatskaplike volhoubaarheid. Namibië se presidensiële ekonomiese raadgewer en kommissaris vir groenwaterstof, James Mnyupe, verduidelik die doel met die ooreenkoms is om die ontwikkeling van projekte wat op omgewingsbewaring fokus, moontlik te maak met die deelname van Japannese maatskappye.
Leave a Reply