Moenie verhouding met Angola belemmer, sê prokureur

Home Uncategorized Moenie verhouding met Angola belemmer, sê prokureur
Moenie verhouding met Angola belemmer, sê prokureur


Moenie verhouding met Angola belemmer, sê prokureur

Die Namibiese regering behoort nie sy verhouding met Angola bloot te stel aan onmin weens onwettige brandstofsmokkel-aktiwiteite wat algemeen bekend staan as ‘Ngungula’ nie. Dit is die mening van die prominente Windhoekse prokureur, Kadhila Amoomo, wat beklemtoon dat die enigste logiese vraag wat die Namibiese regering homself moet afvra, is waarom mense hul lewens waag om brandstof uit Angola te smokkel. Volgens Amoomo is daar ‘n poging om mense se armoede te rasionaliseer deur ekonomiese teorieë, deur hulle in hegtenis te neem omdat hulle goedkoop brandstof in Angola gekoop het in plaas van die duur brandstof in Namibië.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.