Moenie verkragting en seksualiteit verwar
Aanklaers by Gobabis gaan nie ‘n verkragtingsaak voer teen ‘n plaaslike Swapo-raadslid wat vandeesweek op die dorp in hegtenis geneem is nie. Hulle sê hoewel daar bewyse is dat hy seksuele omgang met ‘n ander man gehad het, is daar geen bewys dat dit onder dwangomstandighede plaasgevind het nie. Suster Namibië se redakteur, Ethne Mudge, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die aangeleentheid gepraat en sê wanneer verkragting en seksualiteit met mekaar verwar word, word seksmisdadigers toegelaat om daarmee weg te kom.
Leave a Reply