Moles in maatskappy wat Botswana diamant-ooreenkoms moet onderteken
Diamantverwerker en -handelaar HB Antwerpen sê hy het een van sy drie medestigters uit die bestuur verwyder ná verskille oor strategie, ‘n ontwikkeling wat kom te midde van ‘n hangende verkoopsooreenkoms met Botswana. Oded Mansori sê hy gaan sy twee vennote hof toe neem oor sy verwydering. Die regering van Botswana, die wêreld se nommer een diamantprodusent volgens waarde, het in Maart gesê hy het ingestem om ‘n 24 persent-belang in HB Antwerpen te koop. As deel van die transaksie sou die staatsbeheerde Okavango Diamond Company vir vyf jaar aan HB ‘n onbekende hoeveelheid ongeslypte diamante verskaf. Die ooreenkoms moet nog onderteken word.
Leave a Reply