Moord op politici in KZN ‘winsgewend’
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering waarsku dat moord op politici ‘n winsgewende onderneming geword het vir huurmoordenaars in KwaZulu-Natal. Die vereniging het die media toegespreek ná die onlangse moord op ‘n raadslid van die Nongoma Plaaslike Munisipaliteit, Ndukwenhle Duma, in uMtubatuba. Die voorsitter, Thami Ntuli, vra onmiddellike optrede teen die situasie, waar politici maklike teikens geword het. Hy waarsku oor die gevaar vir diegene wat korrupsie op plaaslike regeringsvlak blootlê, en sê die toename in politieke moorde is ‘n regstreekse aanslag op die demokratiese stelsel.
Leave a Reply