Motocross is in volle swang, groot byeenkoms op Omaruru
Die sewende been van Namibiese Nasionale Motocross-byeenkoms word op 26 Augustus in Omaruru op die nuwe WKMX-baan aangebied. Die wedren sal agt kilometer buite Omaruru op die D2328-grondpad oorkant die afdraai van die plaas Kollmitz plaasvind. Phellazie Simon, sekretaresse van die Omaruru Motocross-reëlingskomitee het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê dit sal ‘n opwindende byeenkoms vir oud en jonk wees.
Leave a Reply