Motorfietsryers maak reg vir 2024 Africa Ubuntu Run
’n Groep van 17 motorfietsryers van Angola en Namibië het Otjiwarongo se Hage Geingoblaan tot stilstand gebring met ’n straatoptog ter voorbereiding van hul 2024 Africa Ubuntu Run-byeenkoms, wat Sondag in Karibib plaasvind. Die parade is gelei deur die Otjiwarongo Munisipaliteit se verkeersvoertuie, en is bygewoon deur Otjozondjupa-goewerneur James Uerikua en voorsitter van die Otjozondjupa-streeksraad, Marlayn Mbakera, vergesel van hul amptenare. Die president van die Windhoek-gebaseerde Eenghoshi-motorfietsklub, Jekonia Bezana, sê sowat 10 lande van die Suider-Afrikaanse motorfietsryklubs sal na verwagting aan die byeenkoms op Karibib deelneem.
Leave a Reply