Mudge spreek WGO-inmenging in regering aan

Home Uncategorized Mudge spreek WGO-inmenging in regering aan
Mudge spreek WGO-inmenging in regering aan


Mudge spreek WGO-inmenging in regering aan

Die president van die Republikeinse Party Henk Mudge sal komende Dinsdag ‘n perskonferensie in die hoofstad hou oor die Wêreldgesondheidsorganisasie. In ‘n verklaring sê hy dat na aanleiding van die debatte, inligting en spekulasie oor die betrokkenheid van die WGO in die sake van soewereine lande, sal hy die voorgestelde wysigings deur die WGO aan die bestaande Internasionale gesondheidsregulasies bespreek. Die nuwe pandemieverdrag sal ook onder die loep kom. Mudge vorm deel van die Health Defence League se hofsaak teen die Namibiese regering oor die afdwing van inentings en regulasies tydens Covid en die voorskrifte wat aan die land gestel is deur die WGO. Die saak eis ook bewyse van die regering dat die entstof veilig was.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.