‘Multicaixa’-kaarte sal aanstons in Namibië gebruik kan word

Home Uncategorized ‘Multicaixa’-kaarte sal aanstons in Namibië gebruik kan word
‘Multicaixa’-kaarte sal aanstons in Namibië gebruik kan word


‘Multicaixa’-kaarte sal aanstons in Namibië gebruik kan word

Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, en die goewerneur van die Banco Nacional de Angola, Manuel Dias, het aangekondig daar is goeie vordering in die uitreik en gebruik van betalingsmeganismes tussen die twee lande. Dit is na hernieude druk van die twee sentrale banke om die beweging van goedere en dienste tussen die twee buurlande te verbeter, geïnspireer deur uitstekende regering-tot-regering verhoudinge. Naufiku Hamunime, die waarnemende direkteur van strategiese kommunikasie en internasionale betrekkinge by die Bank van Namibië, sê die gewilde “Multicaixa”-kaarte wat in Angola gebruik word, sal binnekort deur VISA of Mastercard onderskryf word. Dit sal meer gerieflike betaal-opsies beteken vir Angolese burgers wat na Namibië reis.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.