Mulunga, en die hele Namcor-raad moet waai – PDM
Die amptelike opposisieparty eis die afdanking van beide die raad en die geskorste besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga. Die Teen-korrupsie Kommissie van Namibië het Mulunga, van enige oortreding vrygespreek. Volgens die direkteur-generaal van die kommissie, Paulus Noa, is daar geen bewyse dat Mulunga kriminele voorneme gehad het toe hy geld na ‘n Angolese oliemaatskappy Sungara Energies oorgeplaas het nie. Die PDM se skaduminister van finansies, Nico Smit, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…
Leave a Reply