Mulunga wend hom aan die arbeidshof oor skorsing
Die hoërhof se arbeidsafdeling sal op 21 Augustus die aansoek van die geskorste besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga aanhoor. Hy vra die hof om die klagtes wat hy van Namcor in die gesig staar te hersien en tersyde te stel. Hy vra ook die hof om enige verdere stappe wat die maatskappy teen hom in verband met die klagtes wil neem as onwettig te verklaar. Mulunga is op 23 Mei verhoor en geskors maar, is intussen deur die Teenkorrupsie-kommissie gevrywaar van enige oortreding in verband met ‘n oorbetaling van 100 miljoen Namibiese dollar aan ‘n Angolese oliemaatskappy. Namcor het hom aangekla van bedrog en oortreding van sy werkskontrak. Regter Eileen Rakow sal die saak aanhoor.
Leave a Reply