Museum-uitreikprogram loop ten einde – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Museum-uitreikprogram loop ten einde – Kosmos 94.1
Museum-uitreikprogram loop ten einde – Kosmos 94.1


Museum-uitreikprogram loop ten einde

Die Goethe-Instituut en die Universiteit van Namibië het onlangs die afsluiting van die ‘Museum-uitreikprogram’ gevier wat daarop gemik is om die burgerlike samelewing en kulturele diversiteit in Namibië te versterk. Die 46 maande-projek is gefinansier deur die Europese Unie en die Goethe-Instituut met sowat 5.3 miljoen Namibiese dollar. Die EU se ambassadeur in Namibië, Ana-Beatriz Martins, sê dat belangrike prestasies onder die projek die versterking van kulturele regte van veral gemarginaliseerde en inheemse gemeenskappe insluit. Sy sê die versterking van gemeenskapsgebaseerde museums bemagtig plaaslike gemeenskappe en minderhede om uitdrukking te gee aan hul kultuur, hul tradisies te bewaar en die geleentheid te bied om hul wortels te verken.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.