Musiekster Black Coffee maak geskiedenis in New York
Die Suid-Afrikaanse kultuur-minister, Zizi Kodwa, het sy gelukwense uitgespreek met die Suid-Afrikaanse musiekster Black Coffee, wat geskiedenis maak deur die eerste Suid-Afrikaanse musikant te word wat die hoofkunstenaar is by die wêreldbekende Madison Square Garden in New York. Die woordvoerder van die departement, Litha Mpondwana, sê Black Coffee tree van 11-uur Suid-Afrikaanse tyd af op by Madison Square Garden, gesteun deur Major League DJz. Mpondwana het Kodwa se boodskap oorgedra dat Black Coffee se prestasie ‘n verwesentliking is van die mag van talent en toewyding.
Leave a Reply