Mylpaal bereik in groen energie-toekoms
‘n Belangrike mylpaal is bereik vir Namibië se groen energie-toekoms met die afhandeling van ‘n voorlopige gapingsontleding vir die ontwikkeling van sintetiese brandstof-wetgewing. By die eerste groen-industrialisasie regulerende-raamwerk werkswinkel in die hoofstad is voorgestel dat ‘n nasionale koördineringsgroep en sub-fokusgroepe ook geskep word om die ontwikkeling van ‘n groen waterstofbeleid en -wetgewing te dryf. Die energie-ministerie sê sleutel-belanghebbendes by die kritieke werkswinkel het verder gekyk na samewerking tussen alle rolspelers in die energie-oordrag strategie, om maksimum sosio-ekonomiese impak te verseker.
Leave a Reply