Myorkas in staat van beskuldiging gestel

Home Uncategorized Myorkas in staat van beskuldiging gestel
Myorkas in staat van beskuldiging gestel


Myorkas in staat van beskuldiging gestel

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers met sy Republikeinse meerderheid het gestem om die minister van Binnelandse Veiligheid, Alejandro Mayorkas, aan te kla oor sy hantering van onwettige immigrante wat die land oor die grens met Mexiko instroom. Tweehonderd-en-14 het ten gunste van die twee artikels oor die aanklag gestem en 213 daarteen. Mayorkas is die eerste kabinetsminister in byna 150 jaar wat ʼn ampsklag teen hom kry. President Joe Biden beskryf die aanklag as onbeskaamde en ongrondwetlike partydigheid wat ʼn eerbare staatsamptenaar in kleinlike politieke speletjies teiken. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.