N4 in buurland vol padblokkades
Die polisie in Mpumalanga het padblokkades op die N4-hoofweg opgerig, in afwagting op hoër verkeersvolumes. Die hoofweg is ‘n belangrike verbinding met Gauteng en Mosambiek. Die paaie en vervoer-LUR in Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê operasies is gemik op kwessies soos dronkbestuur, oorvol openbare vervoer-voertuie, en die verwydering van onpadwaardige voertuie. Hy doen ‘n beroep op alle padgebruikers om veiligheid eerste te stel en om veilig by hulle bestemmings aan te kom.
Leave a Reply