Nakuta meen Ovaherero het geleentheid in Den Haag
Die aansoek deur Suid-Afrika by die Internasionale Hof van Geregtigheid oor volksmoord in Palestina, kan moontlik ‘n geleentheid wees vir die Ovaherero-volk. Plaaslike berigte lui dat die media ombud, John Nakuta van mening is die geraakte gemeenskappe met die nuwe president Nangolo Mbumba moet vergader om ‘n aansoek by die hof te bring. Sou die regering nie so aansoek wou bring nie, kan enige ander land, wat ook die 1948 Volksmoord-konvensie onderteken het, die saak namens Namibië bring. Dit is veral geldig na Hage Geingob se kritiek van Duitsland se ondersteuning aan Israel en dat hy die 1948-verdrag oortree.
Leave a Reply