Nam-riviere loop deur met onwettige visvang
Die minister van visserye, Derek Klazen, het ‘n beroep gedoen vir die samewerking van alle belanghebbendes om onwettige visvang doeltreffend te bekamp. Hy het die belangrikheid van die kwessie, veral in die Zambezi-streek, beklemtoon sê daar is groot nadelige gevolge daarvan op die riviere en hulle delikate ekosisteme. Daar is ook ‘n ernstige bedreiging vir die volhoubaarheid van die visserye en balans van die akwatiese ekosisteme. Volgens Klazen is die huidige moratorium op binnelandse visvang, wat tussen Desember en Maart van krag is uiters belangrik maar dit word in gevaar gestel deur die gebrek aan nakoming en streng afdwinging van die moratorium. Daar is baie groot uitdagings met onwettige visvang by veral die Zambezi-rivier.
Leave a Reply