Namfisa waarsku mediese fondse oor bydrae-verhogings

Home Uncategorized Namfisa waarsku mediese fondse oor bydrae-verhogings
Namfisa waarsku mediese fondse oor bydrae-verhogings


Namfisa waarsku mediese fondse oor bydrae-verhogings

Die Namibië finansiële instellings toesighoudende owerheid, Namfisa, waarsku mediese fondse om nie hul lede-bydraes bo sy vasgestelde maksimum van 9,99 persent te verhoog nie. Die regulerende liggaam sê dit sal onwettig wees en enige sulke veranderings moet eers deur die registrateur van mediese fondse goedgekeur word. Dit kom nadat ‘n mediese fonds volgens plaaslike media sy lede verwittig het dat dit sal voortgaan met ‘n beplande verhoging van 13,25 persent, ondanks Namfisa se perk. Die fonds sê egter hy het ‘n appèl teen die opgelegde perk ingedien en wag tans op die uitslag daarvan. Al sy bestaande reëlings en voordele sal van krag bly totdat die appèlproses voltooi is.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.