Namib Mills reageer op Hardap-krisis
Die lae vlak van die Hardapdam, wat tans minder as 19 persent vol is, wek oral kommer. Mielie- en lusernprodusente by die groenskema maak staat op die dam vir water maar as dit nie begin reën nie, sal alle besproeiing teen einde Maart moet staak wat katastrofies sal wees. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ian Collard, die hoof van die NMI-groep, wat staatmaak op die somer- en wintergewasse by die skema.
Leave a Reply